
=====================================================================
Kortverhaal -- Huisdiere (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


AFRIKAANS VANDAG kondig 'n publikasiegeleentheid aan vir goeie kortverhale, waarvoor die "mark" beperk is vanwe die min Afrikaanse 
literre tydskrifte. Weens ruimtebeperkings word skrywers versoek om net kort-kortverhale van 1 000 of minder woorde voor te l.

Kortverhaal -- Huisdiere

deur Abraham H. de Vries.   'EK is nog lief vir diere," s Kerneels van Oorkant-die-rivier en hy stryk oor Woef se rug, "maar dis ook 'n 
wonderwerk." Hy gaan sit op die oop bankie en hy herhaal dis 'n wonderwerk dat hy nog 'n dier voor sy o kan verdra.

G'n siel op die bokstoeltjies voor die materiaaltoonbank van die plaaswinkel weet waarvan hy praat nie, maar n ses op 'n Saterdagmiddag 
kom daar 'n windstilte in die gesels. Tot Kerneels buite by die petrolpomp stilgehou het, het hulle rukke lank sonder diskoers sit en 
uitkyk na die lusernlandjie voor die deur en net om die beurt gesug: "Ag-jaaaa."

Hulle ken mekaar so goed, veel meer bewys van lewe is nie nodig hierdie tyd van die week nie.

"Dit was die treurigste paar dae van my kinderjare," s Kerneels, "daardie Maandagaand tot die Donderdagmiddag. In Parow by my pa se 
enigste broer, Sarel, en daardie vrou van hom. Pa met die spul toetse in die groot hospitaal in Bellville en Ma moes die hele dag by hom 
wees. Maar wat maak 'n plaaskind nou tussen 'n spul medisyne? Ek na oom Sarel en sy vrou toe in Parow."

"By daardie klein dieretuintjie was ek ook al," s Poen. "Laaste robotlig Somerset se kant. Ai. Wreld " en hy begin kop skud en lag asof 
hy in daardie dieretuin 'n kaal bojaanwyfie afgeloer het.

Maar g'n siel op die bokstoeltjies weet waaroor hy lag nie. Nog minder weet hulle van watter dieretuintjie hy praat. Hulle moet eintlik nog 
bly wees hy't iets van diere raakgehoor. So gelukkig is hulle nie altyd nie.

"Nee, daar was ek nog nie," val Kerneels weer in en hy sit sy pyp op die toonbank neer. "Ek was by my oom hulle by die huis --"

Moekie skommel die laaste paar koppies growwe meel in die sif, keer die semels wat agterbly uit 'n sakkie op die toonbank en slaan dan die 
meel wat gemors het van haar voorskoot af. "Ek gaan in kombuis toe," kondig sy aan toe sy die wit enemmelskottel optel.

"Swart en bitter," s Kerneels. "Ek loop nie weer nie," s Ma. "Ag, dan drink ons ook maar 'n ietsie," s Poen. "Ouvadie?" vra Ma. "Datie? 
Hansie?"

"Bring sommer die ketel saam," s Pa en hy sit sy koppie op die toonbank neer. "Neelsie, jy't gepraat van diere."

"En van daardie vrou van hom ook," val Kerneels van heeltemal 'n ander hoek af in die storie in. "Dit was 'n alkante toe vreemde mens 
daardie. Lief vir diere nes hy, dis seker al rede hoekom hy met haar getroud is. Maar van die plaas en van die dorp en so wou sy mos niks 
weet nie. Hulle was in al die jare net eenmaal by ons oorkant die rivier. Toe't sy die hele Krismis in die spaarkamer gesit, kamma 
hooikoors van die stof. En kom sy daar uit en ons praat miskien van die wingerde, dan praat sy van haar tuin in Parow. En vra oom Sarel uit 
na iemand op Van Zylsdamme dan s sy hy moet onthou hy moet nog di of di in Bellville of op Muizenberg bel.

"Daar was nie 'n ding waaroor hulle kon praat nie. Behalwe oor diere. Maar toe wis ek mos nou nog nie

"Toe hulle die dag daar by ons weg is, toe sit ons die aand aan die tafel. Doodstil. Maar toe iemand haar naam noem, toe blaas die liewe 
goeie mens van 'n pa van my so 'n bolling lug uit sy longe uit en hy slaat met sy oop hand teen die stoel se sykant. Ons skrik. Hy s, 
toemaar nou voel hy beter, en Ma s sy verstaan, eet maar, muise het ore -- oor ek ook nou daar gesit het. Jaloers bly 'n verdomde ding, is 
al wat Pa s, want hy had baie erg aan di stil broer van hom, al was hy glo Ouma se witbroodjie. "Daardie siektetyd was die enigste wat 
ons ooit by hulle gaan oorbly het. Nie ons nie, ek. Pa is van die motor af in die hospitaal in en so weer daar uit; Ma het die paar nagte 
in 'n losieshuis naby die hospitaal geslaap. Maar vir 'n kind is dit mos nou oulik as hy kan gaan kuier in 'n stadshuis waar daar 'n hond 
in die voorhuis l met 'n kapokkie wat op sy boud en oor sy ribbekas rondstap." Poen sug hartlik en uitgebreid. Hy sug gereeld, dit kan jy 
hoor. Niemand steur hulle daaraan nie. Dan s hy: "Datie, ons het vanjaar witroes. Ek moet Maandag spuit." Datie knik met die kop en wys 
met sy kennebak na oom Kerneels: "Laat hom eers klaar vertel, dan kyk ons wat ons aan jou witroes kan doen." "As dit nou ook net 'n ander 
maand was as Februarie," hervat Kerneels asof niemand hom in die rede geval het nie. "En dan nog een van daardie stinkwarm Februaries in 
die Kaap as dit vir jou voel die teerstrate raak pap. Nie dat ek baie op teerstrate gekom het nie.

"Die eerste aand met slapenstyd wil ek die venster, so 'n skuifraam met van die outydse knippe, wil ek oopmaak, want dit was bedompig, wie 
slaap nou met 'n toe venster? Sy't byna die paperellekoors gekry. Uiltjie is 'n voltjie wat snags vlieg, maar daar's te veel katte op die 
werf en Uiltjie is nog klein, Uiltjie moes liewer in die kamer bly. Woep skuif sy die venster toe. Die een -tjie na die ander -tjie. Nes 
ouma Marja van Pa-hulle.

"Ek het seer o aan die slaap geraak met daardie uitgegroeide vol op die spieltafel wat sy o so knip-knip nes hy nie kan glo daar 
bestaan 'n mens soos ek nie.

"Die volgende oggend toe ek opstaan toe's die huis doodstil. Oom Sarel was al weg treine toe, hy was sy lewe lank 'n kondukteur. Ek daar af 
met die trap kombuis toe.

"'Apie, die stouterd, hy was eergister mos bietjie stout. Ja, Mamma se liewe ding. Die trein het hom byna getrap, n, Apie? Hy't so 
geskrik, hy was sommer woerts weer in die tuin. Nare ou trein,' klets tante May (dit was haar naam) toe sy my sien, en sy maak die 
kombuisdeur toe vir Aap, en vir my. Aap sit doodluiters op die yskas sy kop en krap.

"So het dit 'n volle twee en 'n half dae gegaan. Die voorhuis se vensters moes toe bly want die bank het voor die venster gestaan en 
marmotjies is dierasietjies wat teen kussinkies opklouter. Die deur aan die punt van die gang kon nie oop kom nie, want die kapokkies buite 
in die tuintjie mog nie verbaster het met kapokketjies in die spaarkamer nie. Op die solder het 'n hennetjie gesit en broei, die dakluik 
moes liewer toe bly anders kom daar 'n trekkie op die ou eiertjies.

"Toe oom Sarel die voorhekkie oopstoot daardie eerste agtermiddag het sy al sy koppie koffie buite op 'n vloerplankie van die duiwehok 
gehad, hy's reguit soontoe, en daar het hy hokke skoongemaak tot die aand etenstyd toe.

"Die Woensdagoggend toe dog ek nou gaan ek vroeg opstaan, want toe dreig hierdie bors van my om toe te trek. Vyfuur toe maak die trein my 
wakker, die swaeltjies het nog nie eens op die drade gesit nie toe trek ek my broek aan.

"Ek was wragtag nie van plan om die hele dag weer na 'Die donkie is 'n wonderlike ding' en 'Die aap en die boeliebiefblik' op hulle outydse 
grammofoon in die sitkamer te sit en luister nie. Wys jy my nou 'n kind wat die hele dag in die skemer wil sit en grammofoon speel, saam 
met 'n papegaai wat die telefoon sit en namaak.

"Oom Sarel het al in die kombuis gesit met sy kamerjas aan. Aap op sy skouers, Hennetjie op die tafel. 'Ek het nog nie die stadsmaniere van 
laatslaap aangeleer nie, kom gooi vir jou bietjie koffie in,' s hy en hy sit die blou sout-en-peperpotjie en rondskuif op die kombuistafel 
se formikablad. By ons op die plaas in die geelrak staan ook sulke potjies. Ouma het twee van als gehad.

"En godsgenadiglik is die agterdeur oop. Ek weet nou nog nie of vars lug of die koffie die lekkerste gesmaak het nie. 'Hoeveel koeie melk 
julle nou op die plaas?' Maar ek had nog nie my tong in rat om te antwoord nie, toe kom dit uit die voorportaal uit: 'Ag, pappa, en nou di 
oop agterdeur?'

"'Hy sit by my,' antwoord oom Sarel, en ek weet nie of hy van my of van Aap praat nie. Maar toe sy inkom, reguit agterdeur toe  En oom 
Sarel moes dan maar gaan aantrek, s sy, sy maak gou pappies  soet stemmetjie en hier 'n ou drukkie en daar 'n ou drukkie aan oom Sarel, 
jy sou sweer hulle het die nag op aparte kooie geslaap.

"So het dit die hele dag gegaan. Loop melk koop op die hoek by die Griek vir die hond en die aap en saam met haar gaan groenigheidjie 
uittrek langs die straat wat langs die parkie verbyloop. Vir die twee hase in die waskamertjie. Toe maar weer die groetery van die nasie 
oor die uitsaaistasie en die aap en die boeliebiefblik. Vandag nog, as die telefoon lui, dan hoor ek oorlie Chris Blignaut sing.

"Toe Pa en Ma daardie Donderdagmiddag daar aankom, was ek op ingepak vir wegloop. En dan het die oumense nog 'n manier gehad om in die kar 
te s ek moet nou vir oom Sarel en tante May 'n briefie skryf en baie dankie s oor ek so lekker gekuier het. Ons moes mos almal van kleins 
af leer lieg."

Kerneels staan op en kyk by die winkeldeur uit na die sterre. "Mense wat hulle goed geken het, het vir ons ges hy't nooit saamgepraat as 
hulle oor die Klein Karoo en oor die plaas gesels nie. Ek droom tot vandag toe van die uil wat op die spielkas sy o so sit en knip."

Hy bly 'n rukkie stil en n 'n rukkie, asof hy vir die eerste keer ietsie van die doolhowe van verlang begryp, vervolg hy:

"En van die windpomp van 'n waaier wat die man vir die sitkamer gekoop het." Abraham de Vries   is een van vier semifinaliste in die 
onlangse Vonkfiksiewedstryd vir kortverhale van De Kat en   Human & Rousseau. Twee van sy bydraes verskyn in die wedstrydbundel. 
"Huisdiere" is 'n nuwe verhaal.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6111.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

